|

Woel met Wiskunde Graad 8-12
Plaas bestelling
Vrae wat
pla?
Ontvang
ons Nuusflits met spesiale aanbiedinge ens.
Prys: R2 700,00
Taal: Tweetalig
(Afrikaans en Engels)
Ouderdom: Graad 8-12
Soortgelyke prodrukte om te oorweeg:
Wiskunde Sonder Sukkel (Mr Maths),
My Digital
School,


Hierdie merkwaardige program lei jou kind stap vir stap deur die hoërskool wiskunde
sillabus. Die program bevat nie net Algebra nie, maar ook Trichonometrie,
Driehoeksmeetkunde, Calculus, Saamgestelde Rente en Analitiese Driehoeksmeetkunde.
Nog 'n unieke eienskap is dat die program nuwe probleme genereer elke keer wanneer die leerling daarop werk. Daar bestaan dus nie die gevaar dat die kind naderhand die somme
reg antwoord bloot as gevolg van herhaling nie.
Funksies van die program:
- Oorgenoeg verwysings en voorbeelde
- 'n Omvattende hulpfunksie
- 'n Ten volle uitgewerkte oplossing vir elke enkele vraag. Die oplossing van 'n vraag
is eers beskikbaar nadat die leerling ten minste probeer het om die som te doen. Indien
die leerling 'n som opgelos het deur van die hulpfunksie gebruik te maak, sal die punte
wat hy vir die probleem ontvang, dienooreenkomstig aangepas word.
- Geen volwasse toesig is nodig!
- 'n Wetenskaplike sakrekenaar met trichonometriese funksies en logaritmes is
ingesluit in die program.
- Die program hoe rekord van elke enkele som/probleem wat deur dieu leerling gedoen is.
Dit is dus maklik om te sien in watter areas jy goed doen en waar jy nog moet verbeter.
- Die program sal dan kan aandui
of die stappe wat gevolg is om die probleem op te los korrek gedoen
is of nie. Indien dit nie korrek gedoen
is nie, sal
die program aandui waar
die probleem lê.
- Die grafiese hulpfunksie laat jou toe om reguit lyne, parabole, sirkels, hiperbole
en verskeie ander funksies se grafieke op te trek.
- Gebruik die trichonometriese hulpfunksie om die grafieke van funksies soos sin, cos
en tan te teken.
- 'n Submenu toon aan watter afdelings is voltooi en dui aan waar
hersiening nodig is.
- Die leerling kan smiddae na skool sy
algebra huiswerk
se probleme
op die rekenaar insleutel. Gebruik dus die 'Veeltermkunsies' om jou huiswerk te
kontroleer. Tik die vraag op die eerste reël soos wat dit in die teksboek voorkom . Druk
die afpyltjie en begin om die vraag op te los. Die program sal enige foute in jou
bewerkings uitwys. Hierdie hulpfunksie
is iets waarsonder geen hoërskoolleerling kan bekostig om te wees nie!!!
- Gebruik die Towerdriehoek om jou trigonometriese vrae te beantwoord.
'n Unieke eienskap van Woel met Wiskunde Graad 8-12, is die feit dat die program Vrye
Formaat Algebra bevat. Die program sal dus enige wiskundig korrekte antwoord aanvaar.
Dit
maak nie saak watter metode deur die leerling gebruik is nie - die program sal die
verkeerde stap uitwys. Die werksarea is ook geskik om trigonometriese bewerkings te
doen.
Puntestelsel:
n Puntestelsel stel die ouer/onderwyser
in staat om die kind se vordering te monitor. Die punte kan gedruk word.
Die Skoolweergawe: Hierdie weergawe kies vlakke volgens
verskillende ikone en het 'n afsonderlike administrasieprogram wat skole in staat stel
om punte van 'n onbeperkte aantal leerlinge te hou.
Stelselvereistes:
200 mhz prosesseerder,
64 Meg RAM, 200 Meg Harde skyf spasie, Windows 98/2000/ME/XP/Vista, Skerm
resolusie 800x600, 16 bit kleure
Steeds onseker? Skakel ons vir advies!
|