Woel met Wiskunde Graad 3-7

 

Plaas bestelling   Vrae wat pla?    Ontvang ons Nuusflits met spesiale aanbiedinge ens.

Prys:  R2 700,00
Taal:  Tweetalig (Afrikaans en Engels)
Ouderdom:  Graad 3-7
Soortgelyke prodrukte om te oorweeg:  XiTeach Laerskool Wiskunde,    My Digital School,
Revolusionêr

 

Die werksarea van die program maak voorsiening vir alternatiewe leerplanne vir diegene wat vaste algoritmes gebruik (gewoonlik vertikaal uiteengesit, en wat gebruik maak van oordrag- en leentegnieke). Dit maak ook voorsiening vir diegene wat 'n meer vrye formaat benadering verkies (horisontaal of vertikaal uiteengesit, volgens persoonlike voorkeur)

Ten einde 'n vrye formaat benadering te akkomodeer, bevat die program 'n revolusionêre werksarea - wat jou nie net toelaat om tot 51 stappe te neem om jou probleem uiteen te sit sou jy dit nodig ag nie, maar wat ook wiskundige en logiese foute in jou oplossing uitwys - ongeag die metode wat jy gebruik!  Woel met Wiskunde Graad 3-7 maak dus voorsiening vir probleem-oplossing. Met 'n verkeerde antwoord, gaan die rekenaar die leerling se eie metode na.

'n Interaktiewe opvoedkundige program, gebaseer op die sillabus vir Gr 3-7. Dit bevat

  • Leerstofoefeninge. Die meeste onderwerpe word in 'n interaktiewe onderrigdialoog aangebied. Vordering deur die dialoog hang af van hoe goed die vrae beantwoord word. Wanneer die leerling die konsep onder die knie het, sal daar aanbeweeg word na 'n nuwe konsep.
  • Driloefeninge. Hierdie oefening toets of die nodige tegnieke bemeester is. Indien die baan gevolg word, sal baie swak punte jou outomaties na die hersieningleerstof neem.
  • Spoedtoetse.Hier is gewoonlik lekker oefeninge wat uitbrei op driloefeninge en kennis vaslê. Die speletjies word meestal voorafgegaan deur leerstofmateriaal wat verduidelik wat van 'n mens verwag word in die speletjie.
  • Toepassings en speletjies waarvan die teorie pas behandel is.
  • Doolhowe. Verdere driloefeninge waar jy vrae beantwoord terwyl daar deur 'n doolhoof beweeg word. By elke vraagtekensimbool sal 'n korrekte antwoord die vraag laat verdwyn, terwyl 'n verkeerde antwoord sal veroorsaak dat jy na 'n ander deel van die doolhoof verplaas word. Daar is ook versteekte valdeure wat jou vinnig van een deel na 'n ander deel neem.
  • Willekeurige en vaste toetse Vasgestelde tyd om aantal wisselkeurige / voorafvasgestelde vrae te antwoord.
  • Woordprobleme Vasgestelde tyd om aantal woordsomme te antwoord.
  • Evaluasietoetse teen tyd

Kliek op die prentjies hier onder vir voorbeelde uit die program:

   

Puntestelsel

'n Puntestelsel stel die ouer/onderwyser in staat om die kind se vordering te monitor. Die punte kan gedruk word.

Die Skoolweergawe: Hierdie weergawe kies vlakke volgens verskillende ikone en het 'n afsonderlike administrasieprogram wat skole in staat stel om punte van 'n onbeperkte aantal leerlinge te hou.

Die volgende leerareas word gedek:

  • Optelling

  • Aftrekking

  • Vermenigvuldiging

  • Deling

  • Plekwaardes

  • Breuke

  • Geometriese vorms

  • Geld

  • Tyd

  • Gewig en kapasiteit

  • Desimale getalle

  • Heelgetalle

  • Lengte

  • Veranderlikes

  • Patrone

  • Volume

  • Lyne en hoeke

  • Persentasies

  • Poligone

  • Areas

  • Gebruik van sakrekenaar

Stelselvereistes:

200 mhz prosesseerder, 64 Meg RAM, 200 Meg Harde skyf spasie, Windows 98/2000/ME/XP/Vista, Skerm resolusie 800x600, 16 bit kleure