Tyd vir Tafels

 

Plaas bestelling  Vrae wat pla?    Ontvang ons Nuusflits met spesiale aanbiedinge ens.

Kliek op die skakel hier onder vir video-uittreksel uit die program:

Tyd Vir Tafels / Times for Tables

 
 
Prys:   R310,00
Taal:   Tweetalig (Afrikaans en Engels)
Ouderdom:   Laerskool
Soortgelyke prodrukte om te oorweeg:  n.v.t

Times For Tables maak maaltafels maklik vir kinders!   Hierdie program bied die volgende:

  • Interaktiewe speletjies

  • Leer Jou Tafels Area – Interaktiewe Kaart

  • Interaktiewe Werkskaarte

  • Monitor jou vordering d.m.v Vorderingsverslae

  • Drukbare flitskaarte

  • Akkuraatheids- en Spoedtoetse

  • Aanpasbare moeilikheidsvlakke

 Maaltafels vorm die boustene van verskeie ander areas in wiskunde. Sonder ‘n behoorlike begrip hiervan sukkel kinders dikwels met wiskunde vir die res van hulle  skoolloopbaan.

Dit is ‘n feit dat kinders baie makliker leer wanneer die materiaal op ‘n informele spelgeoriënteerde wyse aangebied word. Times For Tables inkorporeer hierdie gedagte deur middel van 5 interaktiewe maaltafels speletjies. Al die speletjies het 3 moeilkheidsvlakke om voorsiening te maak vir leerders wat sukkel met hulle tafels sowel as diegene wat meer van ‘n uitdaging soek.  

Die program bevat ook ‘n databasis wat tot soveel as ‘n 1000 leerders se resultate kan stoor. Die resultate word vertoon in ‘n vorderingsverslag. Vir addisionele motivering, het elke speletjie ‘n Top-Tien Ranglys (Top Ten Highest Score) om leerders aan te moedig om die volgende keer vinniger en beter te doen.

 

Verskeie Maaltafelspeletjies

Times for Tables bevat 5 verslawende maaltafels speletjies (waaroor jou Ma glad nie sal omgee nie!):

 X-Legkaarte: ‘n Legkaart-bou speletjie waar jou kennis van tafels jou help om die prentjie te voltooi. Dis ‘n wonderlike manier om jou spoed en akkuraatheid met maaltafels in te oefen. Met 3 moeilikheidsvlakke en 40 prente, waarborg on ure se pret!

 Goud Koors: ‘n Maaltafels speletjies wat help om vinnige denkvaardighede te ontwikkel. In hierdie spel val rotse met sekere waardes daarop deur ondergrondse tonnels. Die doel van die speletjie is om die spoorwegtrok onder die bewegende rots te hou sodat die waarde van die vallende rots dieselfde bly as dié op die spoorwegtrok. 

Baltafels: Bars balonne in hierdie speletjie vir die ontwikkeling en verbetering van jou tafelsvaardighede. Die wiskunde probleem verskyn in die lug en die moontlike antwoorde op die balonne. Jy moet die korrekte balon bars voordat die tyd uitloop…

 Numix: ‘n Prettige en kleurvolle raaisel wat een van die kernkonsep van maaltafels (naamlik meervoude)  inoefen. In hierdie speletjie, val genommerde blokkies van bo af, van waar hulle op mekaar gestapel moet word. Die hoef doel is om blokkies wat ‘n ry van veelvoude vorm te elimineer, sodat jy verder kan bou!

 KaasmaalKaasmaal is gebaseer op die bordspel Slangetjies en Leertjies, maar met die verskil dat jy die rot se bewegings beheer deur vrae wat verband hou met maaltafels, beantwoord. Gedurende die makliker vlak, kan jy besluit met watter tafels jy wil speel, maar op die medium  en moeliker vlakke, kies die rekenaar die tafels.

 

Vorderingsverslag: Kaarte en Oefeninge

Time for Tables is ontwikkel met die die ouer/onderwyser in gedagte – met spesifieke verwysing na die monitering van ‘n leerder se vordering oor ‘n tydperk. Die inligting word op ‘n maklik-verstaanbare wyse aangebied. In die tafels verslag kan jy ‘n opsomming sien van al die tafels, maar jy kan ook ‘n verslag uitdruk oor ‘n leerder se vordering in al 12 die individuele tafels. Volledige inligting word voorsien vir alle oefeninge en speletjies wat voltooi is.

 

Ontsluiting van die program:
 
SMS-ontsluiting @ R5,00 per sms.
Steeds onseker? Skakel ons vir advies!