|

Tikpret
!
Plaas bestelling !Vrae
wat pla?
Ontvang
ons Nuusflits met spesiale aanbiedinge ens.
Prys: R250,00
Taal: Afrikaans
Ouderdom: N.v.t
Soortgelyke prodrukte om te oorweeg:
Typing
Instructor
TIKPRET is 'n afrikaanse Leer-My-Tik Program wat aangewend
word deur kinders van alle ouderdomme. Hierdie program leer die basiese tikvaardighede aan
met tien lesse.
Die doel van
die program is om die student te leer om met die regte vingers die regte
sleutels te druk, en hierdie vaardigheid wat aangeleer word, dan sodanig
in te oefen dat die student dit met selfvertroue kan toepas. Die
inoefening vind plaas saam met die aanleer van die sleutels. Die gedagte
is dus dat die student na voltooiing van die kursus met selfvertroue kan
tik sonder om op die toetsbord te kyk. Hoe meer daar met die program
geoefen word, hoe vinniger sal daar getik kan word. Die program het dan
ook 'n funksie in waar die student mikpunte vir hom/haarself kan stel in
terme van % akkuraatheid sowel as tikspoed. Die program het dan ook 'n
toetsafdeling waar die akkuraatheid en tikspoed gemeet word en dit dan
vergelyk word met die mikpunte wat die student vir hom/haarself gestel het.
Met baie min moeite kan die inhoud wat getik moet word ook self bygewerk
word. Dit beteken dus dat indien daar sekere gedeeltes uit 'n handboek is
wat geleer moet word, kan daardie werk self in die program ingevoeg word,
om dan mee te oefen.
Die hulp in die program word op twee verskillende metodes
aangebied. Met die eerste metode kan die leerling die hulp lees met die gebruik van
verskillende leestegnieke. Leesspoed kan verstel word na gelang van die gebruiker se
vaardigheidsvlak.
Die korrekte vingers waarmee getik moet word, word vir die
leerling vertoon voordat daar met 'n oefening begin word.

Die program sluit verskeie speletjies in:
-
Skiet die letters
-
Speel basketbal
Die program beskik ook oor
twee speletjies waar tikvaardighede op 'n prettige manier ingeoefen kan
word.
Steeds onseker? Skakel ons vir advies! |