Basiese Rekeningkunde

 

Plaas bestelling   Vrae wat pla?    Ontvang ons Nuusflits met spesiale aanbiedinge ens.

Prys:   R420,00
Taal:    Engels  (Die klankbaan vir hierdie cd is ook in Afrikaans en Zulu beskikbaar.)
Ouderdom:   Hoërskool
Soortgelyke prodrukte om te oorweeg:  My Digital School (Graad 10, 11 en 12 cd's)

Uiteindelik beskikbaar in Afrikaans: Hulp met Rekeningkunde!

Basiese Rekeningkunde is maklik verstaanbaar en geskik vir leerders wat sopas met hulle Rekenkundige (Boekhou) studies begin het, studente wat hulle rekeningkundige kennis bietjie wil verfris asook inidividue wat 'n werkbare kennis van basiese rekeningkunde wil opbou. Deur middel van die gebruik van helder prente en eenvoudige terminologie begin die program by die heel begin en wys hoe maklik rekeningkunde nou eintlik is!

Basiese Rekeningkunde (wat ook beskikbaar is in Engels en Zulu) bied aan u die volgende:

  • 25+ ure van onderrig in Rekeningkunde.

  • Verstaanbare terminologie en verduidelikings.

  • 'n Interaktiewe Algemene Leêr ("General Ledger") sisteem wat bestaan uit Verkope, Aankope, Debiteure en Krediteure modules.

  • 'n Interaktiewe Balansstaat, Inkomstestaat en Notas vir finansiële state.

  • Ouditiewe terugvoer van elke les soos wat die leerder vorder

  • 'n Onderwysershandleiding op CD.

  • 'n Omvattende toets nadat elke afdeling voltooi is.

  • Interaktiewe oefeninge

  • Rekeningkunde speletjies vir wanneer die werk voltooi is (Ja.... rekeningkunde KAN PRET WEES!)

  • 'n Finale toets (bestaande uit twee gedeeltes) wat al die werk dek.

  • 'n Onderwysersafdeling gee direkte toegang tot die student se punte en inligting.

  • Gebaseer op die Uitkomsgebaseerde  onderwysstelsel.

'n Finansiële Boom ("Money Tree")

Een van die innoverende kenmerke van hierdie produk is die "Money Tree". Elke student begin met 'n klein boompie wat sigbaar is op die student se persoonlike gebruikersbladsy. Soos studente deur die studiemateriaal vorder, word hulle vergoed met punte (in die vorm van geld) vir elke korrekte antwoord. Hierdie punte dien as bemesting vir die "Money Tree", wat dan dienooreenkomstig groei. 'n Vinnige kykie na die student se gebruikersbladsy en sy/haar "Money Tree", sal 'n presiese aanduiding gee van hoe die student vorder met sy rekeningkunde.

Activation of programme:  Telephonic

System Requirements: Pentium 166Mhz, processor,  Windows '95 + (NIE VERSOENBAAR MET WINDOWS 7 OF VISTA), 32Mb RAM, 150Mb hard disk, CD Rom, 16 Bit 'High Colour Sound Card, Mouse, Speakers and Keyboard.

Steeds onseker? Skakel ons vir advies!