|
Practica: Kinderontwikkelingsprogram
Prys: R7 295,00
Taal: Afrikaans OF Engels
Ouderdom: Geboorte tot 7 jaar
Soortgelyke prodrukte om te oorweeg: Nie van toepassing
Wat is Practica?Practica bied meer as
4000 ouderdomstoepaslike speletjies en aktiwiteite vir kinders vanaf
voorgeboorte tot 7 jaar. Die speletjies en aktiwiteite fokus spesifiek op
die gebalanseerde ontwikkeling van al 50 skoolgereedheidsvaardighede. Terselfdertyd verskaf dit onbeperkte pret vir daardie tye wat julle as gesin
saam deurbring. Dit is een van die mees
omvattendste opvoedkundige programme in Suid-Afrika en is beskikbaar in Engels
en Afrikaans. Waaruit
bestaan Practica?
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Perseptueel |
Motories |
Taal |
Intellektueel |
|
Artisties |
Sosiaal |
Emosioneel |
Wiskundig |
'n Mens ontwikkel 50
basiese vaardighede vanaf geboorte tot 7 jaar. Hierdie vaardighede is
interafhanklik en 'n swakheid in enige een van hierdie areas sal die ander areas
ook negatief beïnvloed. So byvoorbeeld kan onderontwikkelde visuele persepsie
lei tot leesprobleme wat kan manifesteer as leerprobleme, selfs by 'n kind wat
eintlik hoogs intelligent is.
Dit beteken dat ouers
doelbewus vir hulle kinders die geleentheid moet gee om al die vaardighede the
ontwikkel wat hulle gaan benodig wanneer hulle die dag skool toe gaan.
Alhoewel ouers gewoonlik maklik inligting kan bekom oor die mylpale wat hulle
kinders moet bereik, is hulle dikwels onseker oor hoe hierdie mylpale
bereik moet word en wanneer die regte tyd en korrekte volgorde daarvan is. In
hierdie opsig is Practica onmisbaar.
Die aktiwiteite en
speletjies in die handleiding is gebaseer op een-tot-een aktiwiteite soos
gebruik deur terapeute. Aangesien die aktiwiteite slegs 'n paar minute per dag
in beslag neem, is Practica van onskatbare waarde vir die werkende ouer wat nie
veel tyd tot sy beskikking het nie.
'n Maklike
kruisverwysingssisteem maak dit vir die ouer moontlik om aktiwiteite te kies wat
meer of minder ingewikkeld is (na gelang van sy kind se individuele behoeftes).
Die feit dat die program in sy geheel onmiddelik tot die ouer se beskikking is,
stel jou as ouer in staat om jou kind se potensiaal te akkommodeer aangesien jy
byvoorbeeld kan aanbeweeg na aktiwiteite wat eintlik voorgeskryf is vir ouer
kinders indien jou kind reeds die aktiwiteite op sy vlak bemeester het. Die
teendeel is ook waar. Wanneer probleem areas geïdentifiseer word, kan jy
terugbeweeg na vorige ouderdomsgroepe.
Hierdie program help jou
dus om betyds probleemareas te identifiseer en te oorkom - nog lank voor jou
kind skoolgaande ouderdom bereik. Jy as ouer word dus in staat gestel om jou
kind se algehele ontwikkeling te monitor en seker te maak dat geen areas agterweë
bly nie. Dit is veral waardevol waar ons as ouers soms selfs sukkel met sekere
onderontwikkelde areas, bv. Wiskunde, lees of sport aktiwiteite.
Wyle Dr Johan van Niekerk, 'n
Opvoedkundige Sielkundige met meer as 33 jaar se ondervinding in die veld, was
23 jaar lank verbonde aan die Onderwysdepartement se Kinderleidingkliniek en het
die volgende te sê gehad oor Practica en die stimulasie van kinders:
"Sedert 1995 is dit my voorreg
om honderde kinders wat met die Practica Program gestimuleer is, te evalueer.
Evaluasies word gedoen met 'n
battery toetse wat die volgende insluit:

Die 'Practica-kind' reageer oor
die algemeen baie anders op die toetsing as die kinders wat ek voorheen as
Opvoedkundige Sielkundige in diens van die Onderwysdepartement en in my
privaatpraktyk getoets het. Onderstaande is van my waarnemings:
Het jy geweet dat elke
kind se brein deur sekere voorspelbare ontwikkelingsfases gaan? Weet jy as ouer
wanneer hierdie fases plaasvind en hoe om jou kind gedurende hierdie tydperk
toepaslik vanuit ‘n opvoedkundige oogpunt te stimuleer? Practica doen die
dinkwerk vir jou en laat jou toe om jou kind te geniet.
|
Kritiese
ontwikkelingsperiodes tydens die 1e tien lewensjare |
|||||
|
Visie |
Taal / Spraak |
Moedertaal |
Emosionele ontwik-keling |
Wiskundige & Logiese
redenasie |
Musiek |
|
0-6 maande |
0-3 jaar |
0-5 jaar |
0-18 maande |
1-4 jaar |
3-10 jaar |
|
As 'n kind geen visie
gedurende hierdie tydperk het nie (bv. a.g.v 'n katarak oor
die pupil van die oog) sal die kind se visie nooit normaal ontwikkel nie
- selfs al word die katarak na afloop van hierdie vensterperiode
verwyder. Wenk: Dit is dan ook waarom
helder, bewegende speelgoed gedurende hierdie tydperk so noodsaaklik is. |
'n Volwassene se
woordeskat word grootliks bepaal deur die spraak wat hy hoor gedurende
die eerste 3 jaar van sy lewe. Wenk: Moet nie babataal met
jou baba praat nie! |
As die
breinselver-bindings wat benodig word om 'n vreemde taal te praat nie
teen die ouderdom van 5 jaar ontwikkel is nie, sal die kind sy vermoeë
om dié betrokke taal sonder 'n aksent te praat, grootliks verloor. Wenk: Stel jou kind in die
vroeë jare soveel moontlik aan verskillende tale bloot. Dit sal
hom/haar beslis nie verwar nie. Dit is egter belangrik dat die taal
korrek gepraat word. |
'n Rustige en veilige
omgewing help om breinselver-bindings te bou wat emosionele stabiliteit
bevorder. Wenk: Emosionele krisisse
gedurende hierdie tydperk, kan in die toekoms 'n nadelige effek op die
kind hê.Probeer dus om in hierdie tydperk emosionele ontwrigting so ver
moontlik te vermy. |
Blootstelling aan die
verskil in konsepte soos min/ baie/ lig/ swaar en dies meer, vorm
die boustene van logika en wiskundige redenasie. |
Daar blyk 'n korrelasie
te wees tussen die vorming van neurologiese verbindings in die brein wat
ontstaan a.g.v blootstelling aan klassieke musiek en dié gedeelte in
die brein wat betrokke is by insig in ruimtelike vaardighede en
wiskunde. Wenk: Stel jou kind van vroeg
af bloot aan klassieke musiek. |
“As a
personal user of the Practica Programme, I have seen how my children have
developed through this programme. We have a family programme which is as
important as my public office life. The little time I have spent with my
family is of real quality. Thanks to Practica for providing such a much needed
service.”
Councillor Makhosi Khoza (Deputy Mayor)
“Ek het
van Practica en u navrosing in Sarie se Moederskap gelees. Hier by ISKEMUS, die
inligtingsentrum vir Kinderlektuur en -Media van die Universiteit van
Stellenbosch, ontvang ek dosyne, nee honderde navrae per jaar oor perseptuele
ontwikkeling en skoolgereedheid. Ek dink dat Practica talle navrae bevredigend
kan oplos en ek sal u apparaat met plesier aanbeveel en promoveer.” Mev
M C Le Roux
“Ons is die
bevoorregte ouers van 'n 2 1/2 jarige dogtertjie wat ver bo haar ouderdomsgroep
presteer. Sy is op 4 dae aan ons gegee nadat ons vir 3 jaar op 'n aanneming
gewag het.Ons het op 'n maand met Practica beginj en u sal nie glo hoe vinnig sy
daarop gereageer het nie. Sy was 'n prematuur baba en is nie tydens die
swangerskap gestimuleer nie. Maar met behulp van Practica is alle probleme
oorkom...As 'n ma kan ek nie genoeg dankie sê vir Practica nie. Die band wat
daar tussen ons twee bestaan is onbeskryflik en ons kind het 'n liefde vir boeke
en is baie leergierig. Sy kan al ongeveer 20 woorde van die Practica leesprogram
lees en dit is verbasend hoe positief en gelukkig sy is...” Mev
Amanda Marais
Practica is NIE 'n
formele leerprogram nie. Kinders word aangemoedig om op hulle eie tyd speletjies
te speel, teen 'n tempo wat hulle pas. Die groot verskeidenheid aktiwiteite
verseker dat al die ontwikkelingsareas aangespreek word, sonder enige druk!
Spesialisite uit alle
areas van kinderontwikkeling was betrokke by die samestelling en ontwikkeling
van Practica se ouerhandleiding en apparate. Opvoedkundige sielkundiges, spraak-
en arbeidsterapeute asook remediërende en voorskoolonderwysers het bygedra en
gehelp met die koordinering van die aktiwiteite.
Kontak ons gerus vir meer inligting hieromtrent. Indien u in die Gauteng-area woonagtig, kan u ons ook kontak vir 'n gratis demonstrasie van die produk.