Plaas 'n bestelling

 

 Daar is 2 maklike maniere van bestel:

1. Kliek op die bestelvorm se skakel hier onder, voltooi die vorm en faks terug na 086 538 3175.

      zentium bestelvorm10.xls

                           Volg asb Stap 2 hier onder as jy sukkel om die bestelvorm af te laai!

2. E-pos/faks vir ons die volgende inligting tesame met u bewys van betaling:

Naam & Van:
e-pos adres:
ID-nommer:
Selfoonnommer:
Landlynnommer:
Posadres:
Items wat u wil bestel:
 

Bankbesonderhede: Zentium Systems, ABSA, Sinoville, Rekeningnommer: 4055 189 324, Takkode: 632005.

 

 

 

Vrae wat pla?

  • Kontak ons asseblief telefonies of per e-pos  indien jy wil hê dat ons die bestelvorm vir jou moet stuur.
  • Jou sagteware word uitgestuur sodra die betaling ontvang is.
  • Betalingsopsies: Kontant / Direkte Bankdeposito / Elektronies.
  • Gebruik jou naam en van as 'n verwysing wanneer jy 'n deponering of oorplasing doen.
  • Pryse sluit posgeld in. Geen addisionele posgeld is betaalbaar ten opsigte van sagteware wat binne die Republiek versend word nie.  Pryse soos geadverteer op hierdie webwerf sluit NIE posgeld vir buitelandse bestellings in nie. Verwys asb na die onderstaande tabel vir 'n benaderde uiteensetting van die kostes verbonde aan internatsionale versendings.
  • Tensy anders aangedui, is alle programme tweetalig (Afrikaans en Engels).
  • Kontak ons asseblief  indien jy netwerk / lisensiepryse verlang. 
  • Pryse op die webwerf is slegs dié vir tuisgebruik. Produkte aangekoop deur skole en / of vir kommersiéle gebruik, se pryse is op aanvraag beskikbaar.
  • Sagteware word per geregistreerde pos of per koerier (Speed Services, toonbank-tot-toonbank opsie) gestuur.
  • Aflewering duur gemiddeld vyf (5) werksdae.  
  • Aangesien alle sagteware met geregistreerde pos of per koeriers met nasporingsnommers gestuur word, sal Zentium sagteware wat in die versendingsproses verlore raak,  gratis vervang.
  • Hou in gedagte dat DIE MEESTE PROGRAMMATUUR GEDURENDE KANTOORURE GEAKTIVEER/ONTSLUIT  MOET WORD. Zentium versprei verskeie maatskappye se sagteware. Die kantoorure waartydens sagteware geaktiveer/ontsluit kan word, wissel van maatskappy tot maatskappy. Sommige programme kan wel via die internet of via sms ontsluit word. Kontak ons vir meer inligting hieroor.

Versendingskoste vir oorsese bestellings:

Die pryse hier onder sluit versekering in. Zentium sal dus u sagteware gratis vervang indien dit sou wegraak. U kan 'n gemiddeld van 8 programme teen ondergenoemde pryse versend. 

Land Prys per pakkie
Namibia R 120.00
Europa R 270.00
UK R 270.00
Nederland R 270.00
VSA R 270.00
Canada R 270.00
Australie R 270.00
New Zeeland R 270.00
Is jou land nie hier bo gelys nie? Kontak ons dan vir 'n kwotasie.