
|
Kappie Graad 1 Engels & Afrikaans
Plaas bestelling Vrae wat pla? Ontvang ons Nuusflits met spesiale aanbiedinge ens. Prys: R310,00 Taal: Tweetalig (Engels en Afrikaans) Ouderdom: 7 - 9 jaar Soortgelyke prodrukte om te oorweeg: Academix, My ABC: Skryf en Klank , My ABC: SpelKliek op die prentjies hier onder vir voorbeelde uit die program: Ek ken my ABC Ek kan spel Ek kan lees Ek kan skryf 'n Tweetalige program wat daarop gemik is om die 7 - 9 jarige se engels- en afrikaansvaardighede te ontwikkel. Hierdie interaktiewe program sluit 'n drukbare werkboek in.
Kappie is vir graad een leerlinge ontwikkel om die taalkomponent van die graad 1 leerplan te dek. Dit bestaan uit 4 afdelings, elk met 5 vlakke van oefeninge. Die afdelings is soos volg: Die groot boom - Ek ken my ABC
Die vlakte - Ek kan spel
Die rots - Ek kan lees
Die rivier - Ek kan skryf
Elke les bevat 'n werksblad vir die kind wat uitgedruk en gebruik kan word soos wat hy deur die avontuur vorder. Daarbenewens bou die kind 'n plakboek, 'n eie woordeboek en word na elke afdeling met 'n uitgedrukte sertifikaat beloon. Stelselvereistes: Windows 98/2000/ME/XP/Vista, Pentium 133 Mhz, 32Mb RAM, Resolusie 640 x 480 pixels, 256 Kleur, Windows versoenbare muis, Klankkaart. |