
|
Waarom is dit raadsaam om opvoedkundige sagteware deur 'n maatskappy soos Zentium te koop, eerder as in 'n winkel? Ons is goed vertroud met die inhoud van die produkte in ons reeks. Ons is trots op die feit dat ons reeds vir baie jare ouers en onderwysers gehelp het om die regte keuse ten opsigte van opvoedkundige sagteware te maak. Ons versprei die sagteware van verskeie programmeringsmaatskappye en kan jou dus van objektiewe raad en bystand voorsien. Watter tegniese ondersteuning verskaf Zentium? Ons is daagliks beskikbaar vanaf 9h00 tot 17h00 vir enige navrae. Tegniese rugsteun word telefonies of via e-pos voorsien. Indien jy 'n probleem ondervind wat ons nie kan oplos nie, verwys ons jou direk na die programmeerder van die spesifieke program, ten einde te verseker dat jou probleem so gou as moontlik opgelos word. Kliek hier om ons te skakel vir tegniese ondersteuning. Is die programme geskik vir leerders met leerprobleme? Ja, beslis. Meeste van die programme in die reeks is volgens moeilikheidsvlakke of graadvlakke ingedeel. 'n Leerder sal dus inskakel op die vlak waarop hy tans presteer en kan dan van daar af selfvertroue ontwikkel, verder ontwikkel en na die volgende vlak beweeg. Is die programme geskik vir die begaafde leerder? Ja, beslis. Selfs begaafde leerders (of leerders wat akademies gewys verder gevorder het as ander leerders van dieselfde ouderdom) sal by die programme kan baat vind. Meeste van die programme in die reeks is volgens moeilikheidsvlakke of graadvlakke ingedeel. 'n Leerder sal dus inskakel op die vlak waarop hy tans presteer en kan dan van daar af verder ontwikkel en presteer. Is die programme beskikbaar in skole? Ja, meeste van die programme in ons reeks word reeds baie jare deur skole, kolleges, universiteite en remediërende instellings gebruik. Hierdie feit behoort jou dus gemoedsrus te gee met die aankoop van die sagteware, aangesien opvoedkundige instellings baie oordeelkundige te werk gaan alvorens hulle van opvoedkundige produkte van enige aard gebruik maak. Hoe moet ek te werk gaan om 'n program te bestel? Kliek hier om na ons bestelblad te gaan. Jy kan 'n vorm vanaf ons webwerf uitdruk, invul en vir ons terugfaks, of jy kan jou bestelling aanlyn plaas. Dit neem slegs 'n paar sekondes om die bestelvorm te voltooi en deur te stuur. Hoe betaal ek vir die sagteware wat ek wil bestel? Betaling kan op een van die volgende wyses geskied:
Ons bankbesonderhede:
Hoe lank neem dit vir die sagteware om afgelewer te word? Aflewering duur gemiddeld vyf (5) werksdae. Indien dit 'n dringende bestelling is, moet jy ons asseblief telefonies of per e-pos verwittig, sodat ons vir jou die sagteware met spoedpos kan stuur - teen geen addisionele koste nie. Hoe word my pakkie afgelewer? Sagteware word deur middel van geregistreerde pos of Speed Services koeriers, na u naaste poskantoor versend. Zentium waarborg die veilige aflewering van jou produkte en sal enige beskadigde of verlore pakkies kosteloos vervang. Word die sagteware opgegradeer? Ja. Programme word gewoonlik vir een van die volgende twee redes opgegradeer:
Ons sal jou deur middel van ons webwerf of ons nuusbrief in kennis stel wanneer programme opgegradeer is. Is daar kostes verbonde aan 'n opgradering? Ja, alhoewel die presiese kostes verskil van program tot program. In die geval van goedkoper cd's, is dit dikwels meer sinvol om 'n nuwe cd aan te koop, terwyl daar by die duurder programme gewoonlik 'n minimale opgraderings- en administratiewe fooi ter sprake is. Hoeveel keer kan ek die sagteware op my rekenaar installeer? Dit wissel van program tot program. Lees die voorwaardes versigtig voordat jy die program op jou rekenaar installeer. Kontak ons asseblief indien jy onseker is. Steeds onseker? Skakel ons vir advies! |