
|
Kontrolelys vir Kinderontwikkeling Geboorte tot 7 jaar Plaas bestelling Vrae wat pla? Ontvang ons Nuusflits met spesiale aanbiedinge ens. Prys: R280,00 Taal: Engels Ouderdom: Geboorte tot 7 jaar Soortgelyke prodrukte om te oorweeg: N.v.t
Dit is geweldig belangrik om te onthou dat elke kind uniek is. Elke kind ontwikkel teen sy eie tempo - derhalwe sal alle kinders nie hulle mylpale op dieselfde tyd bereik nie. Wanneer hierdie kontrolelys gebruik word, moet jy twee tot drie maande grasie gee aan beide kante van die tydperk aangedui (bv. as daar gesê word dat 'n kind teen een-jarige ouderdom begin loop, kan dit beteken dat 'n ander kind reeds op 9 maande ouderdom of selfs eers op 15 maande ouderdom begin loop). Indien jy opmerk dat daar 'n vertraging is in die bereiking van meer as twee belangrike mylpale, is dit nodig om 'n pediater te kontak. Indien 'n kind wel probleme ondervind met die bereiking van ontwikkelingsmylpale, word daar aanbeveel dat die kind die nodige terapie ontvang, byvoorbeeld spraakterapie, arbeidsterapie, spelterapie of enige ander terapie soos aanbeveel deur jou pediater. Die bereiking van ontwikkelingsmylpale begin gewoonlik teen 12-jarige ouderdom 'n plato-fase bereik, daarom is dit noodsaaklik dat kinders terapie op die vroegsmoontlike ouderdom ontvang. Hierdie handleiding bevat ook verskeie ouderdomsverwante stimulasie aktiwiteite. Die handleiding is nie 'n gestandardiseerde toets nie, maar dien wel as 'n riglyn vir die bereiking van ontwikkelingsmylpale vir die volgende vaardighede/areas:
|
|
|