Babynastics - Baba Stimulasie DVD's

 

Plaas bestelling   Vrae wat pla?    Ontvang ons Nuusflits met spesiale aanbiedinge ens.

 
Prys:   R480,00 (vir 'n stel van 3 dvd's)
Taal:   Engels
Ouderdom:   1 - 12 maande
Soortgelyke prodrukte om te oorweeg:  N.v.t

Uiteindelik, ‘n program vir die ontwikkeling van jou baba se brein – ‘n program wat pret is om te gebruik, bekostigbaar en baie gerieflik – aangesien jy dit daagliks tuis kan benut.  Babynastics bestaan uit ‘n reeks van 3 DVD’s – NIE vir babas om na te kyk nie, maar WEL vir die ouers. Dit bevat verskeie oefeninge en speletjies wat jy as ouer met jou baba kan speel. Al die oefeninge is ontwerp deur arbeidsterapeute om beide jou baba se lyf sowel as sy/haar brein te oefen. Jou baba kan na die kleuterrympies op die DVD luister terwyl jy sy/haar lyfie ooreenkomstig die instruksies op die DVD oefen om sodoende al die sintuie te stimuleer en te integreer. Die reeks bestaan uit die volgende 3 DVDs, wat elk ‘n ander ontwikkelingsfase aanspreek:  

1) 3-6 maande
2)
6-9 maande

3) 9-12 maande

Alhoewel die reeks slegs in Engels beskikbaar is, kan dit ewe goed deur anderstalige huishoudings aangewend word.

Babynastics bied die volgende voordele:  

Die tempo waarteen ‘n baba se brein groei, is in die eerste jaar meer as wat dit ooit sal wees. Breingroei en ontwikkeling sal effektief geskied as die baba ‘n genoegsame verskeidenheid van insette vir sy/haar sintuie ontvang – byvoorbeeld, deur op verskillende vlakke te beweeg, in verskillende rigtings te kyk, na verskillende klanke te luister, en ‘n verskeidenheid van teksture te kan voel. As ouers is ons geneig om van nature aan ons kinders hierdie tipe blootstelling te gee, maar tog wonder ons dikwels of ons gebalanseerde stimulasie vir ons babas bied om heelbreinontwikkeling te verseker. Indien ons toesien dat ons speel-roetines met ons babas die volle spektrum van bewegings, oefeninge en ervaringe dek, sal ons baba se brein wel die nodige konneksies maak…. Wat jou kind sal help om later sy/haar volle potensiaal te ontwikkel – selfs lank na die babajare!  Babynastics help dus om jou baba se IK ontwikkel, sy/haar lyfie te versterk en laaste, maar nie die minste nie, help dit om die band tussen baba en mamma en pappa te versterk wanneer die oefeninge saam gedoen word.

Wat maak Babynastics so uniek?

Alhoewel daar heelwat babastimulasie programme daar buite is, is Babynastics die enigste DVD-reeks wat jou toelaat om in die gemak van jou huis “stimulasie-klasse” te ontvang in die formaat van pret oefenroetines – op ‘n tyd wat by jou sowel as jou baba se skedule inskakel.

 

Steeds onseker? Skakel ons vir advies!