XiTeach Laerskool Wiskunde

Bestel Nou!  Vrae wat pla?

Prys:  R2 500,00

Taal:  Afrikaans (Koop Eduss Maths vir Engelse weergawe.)

Ouderdom:  Graad 1-7

Soortgelyke prodrukte om te oorweeg:   Woel met Wiskunde Gr 0-2Woel met Wiskunde Gr 8-12My Digitale Skool

Taal: Afrikaans (Ontvang Eduss Maths Gr 1-7 indien jy die engelse weergawe benodig)

Beskrywing van program:

Die enigste wiskunde program wat outomaties jou kind toets en evalueer sodat jy as ouer presies weet op watter vlak hy/sy tans funksioneer.

Hier is slegs 'n paar van die voordele van die program:

  • Toets en evalueer jou kind.
  • Wys vir u watter gedeeltes van die werk nog nie bemeester is nie.
  • Identifiseer swak punte en probleemareas.
  • Stel outomaties 'n leer-skedule vir jou kind op.
  • Leer jou kind deur middel van 'n stap-vir-stap helpfunksie.
  • Gee gedetaileerde vorderingsverslae.
  • Opvoedkundige sagteware ontwikkel in Suid-Afrika.
  • Hoë standaard en kurrikulum gebaseerd.
  • Gevul met grafika en animasie om die leerder te stimuleer.
  • Interaktiewe aanbieding met klank.

Kliek op die prentjie hier onder om voorbeelde uit die program te sien:

Wees 'n Wiskunde Wenner met XiTeach - 'n geïntegreerde leersisteem wat in Suid-Afrika ontwikkel is. XiTeach is daarop gemik om wiskundige beginsels en vaardighede by die leerder vas te lê, probleemareas te identifiseer en te bemeester.

Assesserings- en leermodule: XiTeach stel vas waar daar leemtes in die vaslegging van die basiese wiskundige beginsels ontstaan het en stel 'n individuele leerprogram saam om die leemtes aan te spreek.

Huiswerkmodule: XiTeach bied aan die leerder/opvoeder/ouer/ die keuse om spesifieke oefeninge saam te stel uit die onderwerpe soos gelys, wat die leerder dan vir huiswerk doen of vir 'n toets voorberei.

Oefeningmodule: XiTeach is saamgestel uit verskeie onderwerpe, naamlik:

  • Getalle
  • Optel
  • Aftrek
  • Vermenigvuldiging
  • Deling
  • Breuke
  • Desimale Getalle
  • Getalpatrone
  • Woordprobleme
  • Meetkundige begrippe
  • Tyd
  • Geld
  • Persentasie
  • Verhouding
  • Eweredigheid
  • Waarskynlikheid
  • Data
  • Skatting
  • Spoedtoetse (Kombinasies en Tafels).

Daar is 583 verskillende oefeninge in bogenoemde onderwerpe. Die program genereer oefeningvoorbeelde ewekansig vir elkeen van die oefeninge, merk die antwoorde en dui die korreksies aan. Daar is verskeie voorbeelde by die oefeninge. Die oefeninge word op die leerder se vlak (graad) aangebied en van Gr 1-3 gesteun deur mondelinge instruksies.

Help My-Module: XiTeach verduidelik die basiese wiskundige beginsels van die verskillende onderwerpe d.m.v visuele skyfies en modelinge kommentaar.

Administrasie-Module: Hierdie module word gebruik om inligting in die program te organiseer en te verander o.a leerder / opvoeder / klasbesonderhede.Die wagwoord kan verander word, huiswerk kan saamgestel word en verskillende verslae kan gedruk word.

Vorderingsverslae: Die leerder se uitslae in die assesserings-en leermodule, oefeningmodule en huiswerkmodule kan gedruk word om die leerder se vordering te monitor.

Stelselvereistes: Bedryfstelsel: Windows 95b, 98, ME. Verwerker: Pentium 100, RAM: 32 MB. Hardeskyfspasie: 300MB, Skermresolusie: 800x600 pixels, Klankkaart: Enige windows-versoenbare klankkaart, 4 x CD-Rom.

Ontsluiting van die program: Telefonies of via die internet. Volg die instruksies op jou rekenaarskerm wanneer jy die sagteware laai. Telefoniese aktivering van die programme geskied 8h30 tot 18h30.

Stelselvereistes:
Windows 95b, 98, 98se, ME, Pentium 100 prosesseerder, 32 MB RAM, 300 MB Harde Skyf Spasie, 800 x 600 Skerm Resolusien, Enige Window-versoenbare klankkaart, 4x cd rom.