Suid-Afrikaanse Ensiklopedie 2010-weergawe

Plaas bestelling   Vrae wat pla?    Ontvang ons Nuusflits met spesiale aanbiedinge ens.

 
Prys:   R480,00
Taal:   Afrikaans (Engelse weergawe ook beskikbaar)
Ouderdom:   Laerskool en Hoërskool
Soortgelyke prodrukte om te oorweeg:   Kids CD-reeks

Hiedie cd bied:

  • Suid-Afrikaanse inhoud wat jy nie als in oorsese bronne sal vind nie.
  • Verskeie onderwerpe wat ooreenstem met die Nasionale Kurrikulum.
  • Ten volle geakkrediteerde inligting wat jy mag aanhaal.
  • 6 000+ artikels en 6 000+ fotos en illustrasies.
  • 1 500+ woord hoofartikels vir indiepte dekking van onderwerpe.
  • Supplementêre enkel-fokus inligtingsafdelings.
  • Landsprofiele en kaarte met statistiek.
  • Persoonlike profiele van belangrike persone.
  • Fotos, illustrasies, kaarte en diagramme
  • 'n Skooltaak-raamwerk.
  • 'n Soek-fasiliteit vir elke woord vervat op die cd.
  • Elektroniese boekmerke, 'n "notepad" en "highligther".
  • Gratis: Pharos, Afrikaans Speltoetser

 

 

 

Hierdie is sonder twyfel die mees omvattendste Suid-Afrikaanse Ensiklopedie. Dit is onlangs opgedateer met die nuutste wêreldgebeure. Die program bevat ook 'n gebruikersvriendelike soekfasiliteit wat dit maklik maak om inligting op te spoor.

Die SAE bevat inligting in die volgende kategorieë:

Mense van die Eeu / Wetenskap en Tegnologie / Biologiese Wetenskappe / Ekologie en Landbou / Gesondheid en Mediese Wetenskappe / Natuurwetenskappe / Tegnologie / Gemeenskap en Geesteswetenskappe / Ekonomie / Gees en Denke / Geskiedenis, Politiek en Reg / Landprofiele / Kuns en Kultuur / Sport

Kliek op die prentjies hier onder om voorbeelde te sien uit hierdie program:

Waarom hierdie cd kies?

  • Dit bevat inligting relevant vir die Suid-Afrikaanse omgewing. Dekking van internasionale onderwerpe word vanuit 'n Suid-Afrikaanse perspektief gedoen.
  • Volop Suid-Afrikaanse feite, gevallestudies ens.
  • It contains content relevant to the South African environment. Global coverage of topics from a South African perspective, packed with SA facts, SA case studies etc.
  • Geskryf deur kenners: Die kernpaneel bestaan uit skrywers wat toonaangewende SA academici, navorsers en spesialisskrywers insluit.

Leerders op skool, hul ouers en onderwysers, sowel as lewenslange leerders sal baat vind by 'n naslaanbron wat spesifiek vir kontemporêre Suid-Afrika geskep is, met plaaslike inhoud wat aansluit by die nuwe onderwysstelsel.

In die nuwe millenium verander die wêreld so vinnig dat kennis elke paar maande verdubbel. Deur 'n ensiklopedie op CD-rom te koop, kry jy die geleentheid om in te skakel by die jongste beskikbare inligting wat gedurig tot die produk bygevoeg word.

Die Suid-Afrikaanse Enskiklopedie bespaar duur internet tyd vir navorsing en bied jou ook die geleentheid om rustig rond te snuffel op soek na inligting. Ouers van jonger leerders sal ook bly wees om te hoor dat hulle nie meer hulle kinders op die internet hoef los te laat nie, maar kan aanmoedig om binne 'n veildige omgewing selfstandig navorsing te doen.

Die SA-Ensiklopedie in sy elektroniese formaat bied 'n vinnige en gebruikersvriendelike soekfasiliteit wat jou toelaat om direk op jou soekwoorde af te stuur en geselekteerde teks onmiddelik te kopieër-en-plak op 'n elektroniese dokument, of die resultate af te laai of uit te druk vir latere gebruik.

SA is onlosmaaklik deel van die wêreldgemeenskap en die inhoud van die ensiklopedie weerspieël dié feit in sy inhoud, wat die impak van internasionale gebeure op ons land - en andersom - ondersoek. Nuusgebeure, prestasies, uitvindings en tendense wat die mag het om ons wêreld te verander, word gedurig bygewerk.

Stelselvereistes: Pentium III prosesseerder van 500 MHz of beter. Windows 2000/XP. 256 MB RAM. 400 MB Spasie of hardeskyf. CD-rom aandrywer.

Steeds onseker? Skakel ons vir advies!