CD:
R90,00
Goggatjie se Kinderstories
bevat die stories en gedigte van Lily Krügel wat met
energie en gevoel deur Mariëtte Engelen, Michael Mayer en Elma
Potgieter vertel word. Daar is 9 gedigte, 3 stories en 2 liedjies op
die CD.
Goggatjie reis saam met die kinders van
storie tot storie en liedjie vir liedjie om aan hulle te verduidelik
wat rondom hulle gebeur en die ervaringe met hulle deel.
Goggatjie se Kinderstories
is meer as net storievertel – dis ‘n ontdekkingsreis.
Snitlys:
-
Gogga
Deuntjie
-
Gedig:
Stories
-
Storie: Sysie Die Grys Patrysie
-
Gedig:
Dik Dirk
-
Gedig:
Vingertjies Rympie
-
Storie: Kaalnek Die Kuiken
-
Gedig:
By Die Dam
-
Gedig:
Die Geheim
-
Gedig:
Speelgoed
-
Storie: Sarie En Die Heks
-
Gedig:
Kersfees Kom
-
Gedig:
Op Die Strand
-
Gedig:
Lente In Feëland
-
Liedjie: Ons Gaan See Toe
-
Liedjie: Seisoene
-
Groete
|
DVD/CD:
R90,00
In Goggatjie se Kinderliedjies,
neem Goggatjie die kinders op ‘n liedjie reis met 20 saamsing liedjies
soos Ek Borsel My Tande, Die Alfabet, Ons Gaan
See Toe, Kom Ons Maak Musiek en nog vele meer. Die
liedjies leer die kinders basiese lewens vaardighede terwyl hulle saam
wikkel op die ritme van die wysie.
Die liedjies is almal geskryf en
vervaardig deur Graeme Sacks en Erika Strydom van Burnt Bread
Produksies. Dit dien as ‘n inspuiting van nuwe lewe en energie in a
genre wat ryp is vir vars materiaal.
Snitlys:
- Gogga Deuntjie
- Wilde Diere
- Seisoene
- Gesond Eet Is Lekker Eet
- Goeie Maniere
- Kom Ons Maak Musiek
- Die Alfabet
- Maatjies Van Oraloor
- Papsop Nat
- Was Was Was Jou Hande
- Oefen Saam
- Hou Ons Land Skoon
- Ons Gaan See Toe
- Dis Lekker Om Te Tel
- Hoe Gaan Ons Daar Kom?
- Somer Klere
- Ek Borsel My Tande
- Dis Lekker Op Die Plaas
- Huppel
- Flikker Sterretjie
|
CD:
R90,00Goggatjie
vier sy 3de CD, Goggatjie Gaan Wildtuin Toe, met
‘n uitstappie na die Wildtuin! Die CD fokus op 3 lekkerluister
stories, 9 kindergedigte en 2 liedjies rondom diere en die Wildtuin.
Goggatjie speel weer lekker met die kinders, verskaf inligting en maak
seker dat werklike dieregeluide die storievertel prentjie voltooi.
Die CD is propvol informasie oor die
verskillende diere in die Wildtuin en die boekie bevat pragtige fotos
wat die kinders in staat stel om die diere maklik te identifiseer.
Die lieflike storievertel talente van
Mariëtte Engelen en Elma Potgieter dra by om die 3de Goggatjie CD nog
‘n wenner te maak. Die keer sluit Evert Snyman, die bekende en
geliefde storieverteller van Radio Sonder Grense, by hulle aan. Saam
laat hulle die pragtige stories en gedigte van die skryfster – Lily
Krügel - werklik lewe!
In haar Voorwoord skryf Lily:
“Na die eerste CD 'Goggatjie se Kinderstories', het ek briefies gekry
van kleingoed wat aan my skryf hoe baie hulle die stories en gediggies
van Goggatjie geniet. CDs met kinderstories verskaf meer as net
vermaak aan kinders, dit stel hulle bloot aan taal, klanke, informasie,
emosie en baie meer. Klein kindertjies wil graag leer, daarom kan
hulle oor en oor na stories en rympies luister; dit laat hulle DINK en
hulle wil graag daaroor PRAAT.”
Om die CD mee af te rond, is daar
kinderliedjies van Graeme Sacks en Erika Strydom ingesluit. Dié twee
is verantwoordelik vir die treffer CD ‘Goggatjie se Kinderliedjies’.
Snitlys:
- Gogga Deuntjie
- Goggatjie Gesels Oor Die Wildtuin
- Liedjie: Wilde Diere
- Goggatjie Gesels Oor Die Wilde Diere
- Gedig: In Die Wildtuin
- Goggatjie Gesels Oor Diere Geluide
- Storie: Koning Leeu Verloor Sy Brul
- Goggatjie Gesels Oor Wat Die Diere
Eet
- Gedig: Raai Wat Eet Die Diere
- Gedig: Die Bokmakierie-Koor
- Goggatjie Gesels Oor Die Tarentaal
- Storie: Kolletjies Die Tarentaal
- Goggatjie Gesels Oor Drie Diere
- Gedig: Ou Skilpad
- Gedig: Die Swaeltjies
- Gedig: Geitjie Se Stert
- Goggatjie Gesels Oor Die Plaasdiere
- Liedjie: Dis Lekker Op Die Plaas
- Goggatjie Beweeg Soos Die Olifant
- Goggatjie Beweeg Soos Die Veldmuis
- Goggatjie Beweeg Soos Die Leeu
- Storie: Klasie Kraalogies, Die
Veldmuis
- Goggatjie Gesels Oor Vriende
- Gedig: Janfiskaal
- Gedig: Die Likkewaan
- Goggatjie Gesels Oor Aandgeluide
- Gedig: Aand In Die Wildtuin
- Goggatjie Sê Totsiens
|

CD: R90,00
In Goggatjie se
Tradisionele Afrikaanse Kinderliedjies, die 4de CD in
die Goggatjie reeks, klim ons geliefde Goggatjie in sy tydmasjien en
hy vat die kindertjies terug in tyd. Dit is ‘n reis na die verlede om
die Tradisionele liedjies, wat ek en jy as kinders geleer het, te
herontdek, en aan ‘n nuwe generasie voor te stel: 20 liedjies uit die
verlede vir kindertjies van die hede!
Ou gunstelinge soos ‘Hoe Ry Die Boere’,
‘So Ry Die Trein’, ‘Bobbejaan Klim Die Berg’, ‘Moeder Hoenderhen’,
‘Die Blink Vosperd’, ‘Die Paddaskool’ en ‘Jan Pierewiet’ belowe ‘n
sak vol pret vir die jongspan en nostalgiese herinneringe vir die
grootmense.
Deurentyds hou Goggatjie die kinders
geselskap en reis saam met hulle in die tydmasjien. Halfpad deur die
CD vat Goggatjie ‘n blaaskans saam met die kleinspan en laat hy hulle
bietjie oefeninge doen deur verskillende diere na te maak op die maat
van die ‘Gogga Deuntjie’.
Ons is baie trots op ons splinternuuwe
aanbieding: Goggatjie se Tradisionele Afrikaanse
Kinderliedjies. Dis ‘n vars klank vir ‘n nuwe generasie!
Snitlys:
- Gogga Deuntjie
- Goggatjie Se Tydmasjien
- Hoe Ry Die Boere
- Die Blink Vosperd
- Klokke en Diere
- Die Paddaskool
- Feëklokkies
- Hoedjies Van Papier
- Klein Ondeug
- Die Mannetjie
- Hansie Slim
- Goggatjie Oefen 'n Bietjie
- So Ry Die Trein
- Bobbejaan Klim Die Berg
- In Die Dieretuin
- Môre Oompie Môre Tannie
- Die Kat Kom Weer
- Zoem Zoem Zoem
- Moeder Hoenderhen
- Kabouterman
- Sannie Se Lammetjie
- Goggatjie Gesels Oor Die
Slaapdeuntjies
- Jan Pierewiet
- Afrikaanse Wiegeliedjie
- Goggatjie Sê Totsiens
|

CD: R155,00
Hierdie is 'n oudio cd, geskryf deur Willie Nel, met Blackie Swart as die
storieverteller!
Die
stories is bedoel vir kinders van vier tot tien jaar. Alhoewel die stories
fantasie-verhale is, is hulle vry van hekse, drake en toordery. Omdat die
stories gemik is op kinders in hulle vormingsjare, het die stories 'n
opvoedkundige ondertoon.
Die
cd bevat die volgende stories:
|
|