Seewêreld Avonture

 

Plaas bestelling   Vrae wat pla?    Ontvang ons Nuusflits met spesiale aanbiedinge ens.

Kliek op die skakel hier onder vir video-uittreksels uit hierdie program.

Seewêreld Avonture

 

Prys:   R2 700,00
Taal:   Tweetalig (Afrikaans en Engels)
Ouderdom:   3-9 jaar
Soortgelyke prodrukte om te oorweeg:   Dina Dinosourus, Big Boet Kleuters, Big Boet Junior
 
Persepsuele vaardighede vorm die basis van leer.

Seewêreld Avonture is ontwikkel om kinders op 'n kreatiewe wyse te stimuleer terwyl hulle speel. Hierdie program bestaan uit verskeie onderafdelings wat elk gemik is op die ontwikkeling van 'n spesifieke vaardigheid.

 
Kliek op die prentjie hier onder om voorbeelde uit die program te sien:
 
  
 
Elke aktiwiteit bestaan uit verskeie moeilikheidsvlakke wat kinders die geleentheid bied om teen hul eie tempo te vorder na gelang van hulle individuele vaardighede.
 
 
Visuele en ouditiewe leiding en vergoeding (wanneer die kind 'n aktiwiteit korrek voltooi) maak die program besonders kindervriendelik. Dit motiveer hulle om voort te gaan en vaardighede te bemeester waarmee hulle tans moontlik probleme ondervind. Dit alles terwyl hulle heerlik saamspeel met verskeie karaktertjies in hierdie seewêreld vol allerhande wonderlike avonture.
 
 
 
Leerareas wat aangespreek word:
  • Visueel-konseptuele vaardighede
  • Visuele diskriminasie
  • Visuele opvolging en sluiting
  • Visuele en ouditiewe geheue
  • Visuele analise en sintese
  • Visuele waarneming en onderskeid
  • Kleur- en vorm herkenning met konstantheid
  • Perseptuele konstantheid
  • Voorgrond/agtergrond herkenning
  • Wiskundige konsepte en herkenning
  • Konsentrasie en Assosiasie
  • Ruimtelike vaardighede
  • Probleemoplossing
  • Redeneringsvermoeë
  • Besluitneming
  • Taalvaardigheid en die alfabet
  • Hand-oog koordinasie
  • Klassifikasie ens.
Kliek hier om 'n voorbeeld te sien van 'n vorderingsverslag wat deur hierdie program gegenereer word:
 
 
Stelselvereistes: 500 Mhz prosesseerder, MS Windows 2000, SP4 of XP, 256MB Ram, 800 x 600 16 bit skerm, cd-rom, klankkaart.
 
Ontsluiting van die program: Telefonies.

Steeds onseker? Skakel ons vir advies!