
|
My ABC-Reeks
Plaas bestelling Vrae wat pla? Ontvang ons Nuusflits met spesiale aanbiedinge ens. Prys: R310,00 per cd Taal: Afrikaans en Engels (Sommige cd's is slegs beskikbaar in Afrikaans. Skakel ons indien u onseker is.) Ouderdom: 3 - 7 jaar (Dit wissel van cd tot cd.) Soortgelyke prodrukte om te oorweeg: Dina Dinosourus, Big Boet Kleuters, Big Boet Junior
My ABC bestaan uit 'n reeks opvoedkundige rekenaarspeletjies vir kinders. Die maak jou kind speel-speel skoolgereed. die volgende leerareas word aangespreek:
Die volgende Cd's is beskikbaar:
Lees verder vir 'n meer omvattende beskrywing van elk van bogenoemde cd's: CD 1: Kruis Jou kind
verbind die prentjies aan die linkerkant van die skerm met die
ooreenstemmende prentjies aan die regterkant. Geskik vir kinders 3
tot 10 jaar. Die CD bevat 4000 skermpies in beide
Afrikaans en Engels. CD 2: Lees en Luister Jou kind lees of luister na 'n
opdraggie op die skerm en kliek dan op prentjies om die opdragte te voltooi,
bv: "Kies die groen vierkant". Opdraggies word vertoon, maar ook deur 'n
stem uitgelees vir klein kindertjies. Kleure, vorms, letters en syfers word
onder andere as tema gebruik. Die cd bevat 400 opdraggies in Afrikaans en is
geskik vir kinders 3 - 7 jaar.
Jou kind lees of
luister na 'n opdraggie op die skerm en kliek dan op prentjies om die
opdraggie te voltooi, bv. "Kies al die rooi sirkels" of "Kies al die honde".
Opdraggies word vertoon, maar ook deur 'n stem uitgelees vir klein
kindertjies.
Hierdie opwindende speletjie leer jou kind van die alfabet. 'n Klank verskyn of die skerm en deur 'n reeks oefeninge en speletjies leer jou kind meer van daardie klank. Letters wat aangespreek word:
Geskik vir kinders 5 jaar en ouer. Die CD bevat 700 flitswoorde in Afrikaans. CD 4: Syfers en Somme
Hierdie opwindende nuwe
speletjie leer jou kind van syfers en somme. 'n Syfer word vertoon op die
skerm en u kind word gewys hoe om die syfer te skryf, dit word uitgespreek
en op 'n telraam visueel vertoon. Hierdie syfer word dan
gebruik in verskeie aktiwiteite: Die verwerkings plus, minus,
vermenigvuldiging en deling word visueel CD 5: Verskille Jou kind sien twee prentjies op die skerm met 'n hele paar verskille tussen die twee prentjies, jou kind moet op elk van die verskilletjieskliek om die twee prentjies dieselfde te laat lyk.Hierdie oefeninge is onder meer, belangrik vir die bevordering van:
Geskik vir kinder 5 jaar en ouer. Die CD bevat 1000 prentjies in beide Afrikaans en Engels. Kleure, vorms, letters en syfers word onder andere as tema gebruik.
CD 6: Legkaart Jou kind kies 'n legkaart uit die lys en voltooi dit dan deur die 16 stukke van die legkaart na die regte posisies te skuif. Geskik vir kinders 5 jaar en ouer. Die CD bevat 300 legkaarte. CD 7: Inkleur Jou kind
sien twee prentjies op die skerm, die prentjie aan die regterkant
moet ingekleur word om te lyk soos die prentjie aan die linkerkant.
Dit word gedoen deur eers 'n kleur te kies en dan op die prentjie op die
regte posisie te kliek. CD 8: Spel Jou kind
sien 'n prentjie op die skerm en moet dan die woord uitspel deur die regte
letters uit die lys te kies. Geskik vir kinders 7 jaar en ouer.
LET WEL: Jou kind moet kan lees om die
speletjie te speel! Die CD bevat 400 woorde in beide
Afrikaans en Engels. CD 9: Begrip MyABC Begrip Hierdie speletjie help jou kind om te konsentreer en bevorder logiese denkwyse.Leesvaardighede word ingeoefen deurdat die vragies gelees moet word. 'n Prentjie word vertoon en 'n reeks vrae word gevra wat betrekking het op daardie prentjie. Die vrae word beantwoord deur te kliek op die prentjie wat die korrekte keuse verteenwoordig. Geskik vir kinders 7 jaar en ouer. Dit word vereis dat u kind reeds kan lees om hierdie speletjie te kan speel
CD 10: Onthou
CD 11: Geluide
Hierdie opwindende speletjie leer jou kind van geluide en
klanke.
CD 12: Rigting Hierdie speletjie help jou
kind om te konsentreer, bevorder logiese denkwyse, Jou kind kliek op die pyltjie sleutels op die sleutelbord om rond te beweeg. bv. Spring drie blokkies na links : Druk "->" drie keer op die sleutelbord.
Vir grooter kinders.
Geskik vir kinders 3 jaar en ouer.
Algemene Inligting oor die My ABC-reeks: |