
|
Indien jy enige vrae het rakende jou kind se akademiese prestasie en/of emosionele en sielkundige welstand, is jy welkom om vir Dr Tienie Maritz 'n e-pos in hierdie verband te stuur. Alle e-posse sal beantwoord word. Dr Tienie Maritz is 'n gekwalifiseerde en geregistreerde Opvoedkundige en Voorligtingsielkundige. Hy spesialiseer in die volgende: HULPVERLENING AAN KINDERS MET:
Hou in gedagte: Weens die komplekse aard van akademiese, emosionele en sielkundige aangeleenthede, sal dit nie noodwendig altyd moontlik wees om jou probleem per e-pos op te los nie. Dr Maritz sal jou egter van raad en leiding kan voorsien. Hierdie diens per e-pos is gratis. Indien jy graag in konsultasie wil gaan met Dr Maritz, staan dit jou vry om 'n afspraak met hom te maak. Hou egter in gedagte dat die fooie vir konsultasies teen Mediese Voordele Skaal (BHF) gehef word. ALLE E-POSSE EN KOMMUNIKASIE TUSSEN JOU EN DR MARITZ , IS STRENG VERTROULIK EN SAL AS SULKS HANTEER WORD! GEEN INLIGTING SAL OP DIE WEBWERF GEPUBLISEER WORD NIE.
Steeds onseker? Skakel ons vir advies!
|